Slagyster

Slagyster Daar S N Moorddossier Op Inspekteur Kassie Kasselman Se LessenaarIn Die Woude Van Die Niger Delta Word Ryan Deetlefs, N Suid Afrikaanse Werknemer Van Die Geldgierige Star Petro, Gevange Gehou Deur N Rebellegroep Wat Reeds Verantwoordelik Was Vir Die Dood Van Etlike OliewerkersHaarhoff, Malan En Van Dyk Transport In Kaapstad Is N Baie Suksesvolle Onderneming, En Eersdaags Sal Die Drie Kollegas N G Dieper Rol In Die Geld Hulle Het N Uiters Lonende Byverdienste, In Samewerking Met SAPD Ho Lui En Die Nigeriese Sluikhandel Maar Hoe Gemaak Met Brink Van Dyk En Sy Taliban Kwellinge Carl Het Afgetree Op Sy Splinternuwe Olyfplaas In Die Karoo Hy S Klaar Met Polisiemol Dwelmhandel En Die Skadulewe Totdat Sy Voormalige Bevelvoerder Daar Opdaag Met N Versoek Wat Carl Eenvoudig Nie Kan Weier Nie Een Wat Hom In Kontak Gaan Bring Met Afrika Se Mees Gewetenlose Skurke En Hy T Self Nie N Silwerskoon Verlede NieVan Dit Alles Moet Inspekteur Kassie Kasselman Posse L En Boeremusiekliefhebber, Alleenloper Speurder Met N Ernstige Waarskuwing Op Sy Diensrekord Sin Maak Iemand Het Sleg Geknoei, Maar Hoe Hoog Op Strek Die Kwaad Slagyster Is N Debuut Spanningsverhaal Deur N Opwindende Nuwe Stem In Die Genre, En Vir Inspekteur Kasselman Sal Ons Vorentoe Weer Ontmoet

Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore Hy matrikuleer aan die Ho rskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA HOD en BA Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat en n BA Hons in Kommunikasiekunde aan Unisa.Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede stigter en uitgewer van Bloemnuus die eerste

❰PDF❯ ✎ Slagyster  Author Rudie van Rensburg – 502udns.info
  • Kindle Edition
  • 285 pages
  • Slagyster
  • Rudie van Rensburg
  • English
  • 02 August 2019

10 thoughts on “Slagyster

  1. says:

    3.5 starsHierdie is nie n genre wat ek gewoonlik lees nie maar gee dit vir my in Afrikaans en ek lees soos n besetene.Al die karakters was goed uitgebeeld maar Kassie Kasselman het seker gemaak ek wil aangaan met die reeks Nie jou tipiese polisieman nie, n aleen man wat baie liewer tyd spandeer met sy seels versameling as om met die manne n dop te drink Iemand wat veel eerder sakkie sakkie boere musiek sal luister as kantoor skinder Hy is onkonvensioneel maar briljant in wat hy doen.Spannigsvol, relevant en sommer net n lekker lees ondervinding.

  2. says:

    3.5 sterre Soos almal is ek mal oor Deon Meyer en Karin Brynard, maar die wag na die volgende boeke is net te lank My man beveel toe vir Rudie van Rensburg aan, en ek moet se ek was heel beindruk Die storie met onder andere, Nigeria en olie gyselaars sowel as internasionale wapensmokkelaars in die hartjie van Kaapstad, is vinnig met n paar kinkels in die kabel Kassie Kasselman, die polisieman, lees soos n vars briesie, niks van die gewone bagasie soos alkoholisme nie Een van die mees unieke aspekte van die boek is die hoeveelheid karakters wat n spreekbeurt kry, nie minder as ses nie Die baie oogpunte maak definitief dat mens sukkel om die boek neer te sit ek het hom in een dag kaf gedraf My enigste kritiek is dat die afrikaans nou en dan lees soos oorklankiaans wanneer karakters eintlik in Engels of n ander taal praat, maar die outeur skryf dit in Afrikaans.Die storie Van Nigeriese rebellegroepe, wapenhandelaars uit Kaapstad wat raak aan die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie posse l en boeremusiekliefhebber, alleenloper speurder met n ernstige waarskuwing op sy diensrekord sin maak Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad

  3. says:

    Wat n debuut Oud joernalis Rudie van Rensburg hou soos n bedrewe poppemeester n klomp toue of verhaallyne in sy hand En hy sp l dat dit bars Om die storie op te som, maak my klaar kortasem Daar is Ryan Deetlefs, wat in Nigeri ontvoer en deur n rebellegroep aangehou word Amelia Smit is Lea, Ryan se vrou, se beste vriendin en joernalis Sy besef vinnig daar sit veel meer agter Ryan se ontvoering en begin soos n bloedhond spoorvat Brink, Ben en Dolf, die vennote van Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport, maak besonder goed geld uit hulle onderneming en kan bekostig om die stilte en samewerking van grootkoppe in die SAPD te koop Daar is ook Carl, die polisiemol wat deur sy voormalige bevelvoerder gevra word om weer ondergronds n wapensmokelary te ondersoek en Charl durf nie weier nie En uiteindelik Kassie Kasselman Was daar al ooit so n eksentrieke speurder in Afrikaans Kassie versamel se ls, luister boeremusiek, drink Cream Soda, dra altyd n verslete rooi windjakker Hy is n alleenloper, n man wat sy eie metodes volg, en hy moet sin maak van n saak wat sy hoof so gou moontlik onder die mat wil invee Goed ontwikkelde, interessante karakters, n ingewikkelde plot waar die leser nooit kop verloor nie, n vinnige tempo en die moeitelose invleg van n magdom navorsing Van Rensburg is die nuwe stem in die SA krimi Hou dop, hy gaan baie vinnig boontoe skiet

  4. says:

    dis nie regtig die genre wat ek geniet nie, so dis moeilik dat ek n ware rating kan gee ek dink ek is so gewoond aan deon meyer, dat dit maar sukkel sukkel gaan dat iemand anders by hom kers vashou dit was nie sleg nie, maar die storie en die karakters het my bietjie deurmekaar gemaak.

  5. says:

    Een van die beste boeke wat ek in n lang tyd gelees het As jy van Deon Meyer hou, lees die een Ek kon die boek nie neersit nie en aan die ander kant was ek bang dit raak klaar Kopskoot is klaar bestel Wel gedaan Rudie

  6. says:

    Het dit baie geniet Relevant en verrassend Hou baie vd karakter van Kassie Kasselman

  7. says:

    Lekker vakansieroman.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *